Maandag = Wasdag: 32 Tande

Tractor plowing Premium Photo

My eerste gedagte was nie wisseltande of tandemuis of tandpyn of valstande nie. Of die tand van die tuinvurk wat ek eendag gebreek het in my poging om ‘n klip uit te kry nie. Of die snaakse tande van my een van my kamme nie. Nee, myne was die tande van die ploeg wat die grond breek in rye met planttyd. Dit gebeur net na die eerste reëns in April/Mei. Meesal net na Paasnaweek. Ons het nooit met Paasnaweek na die strandhuis toe gegaan nie, want die weer moet draai en dit moet reën. Dan begin die senuwees pla tot dit reën en daarna tot die plantjies opkom en dit weer reën.

Maar mooi sal mooi bly as die lieflike bruin grond in die netjies rytjie so na eenkant toe gestoot word deur die tande. Dan drup die saad die grond in en dan kom die eg bo-oor om die grond weer plat te vee.

Ek ruik nog die geur van klam, omgedolwe grond.

Hierdie is my bydrae tot Scrapydo se Maandag=Wasdag:32 Tande uitdaging.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

6 thoughts on “Maandag = Wasdag: 32 Tande

  1. Toe ek klaar die stuk geplaas het het ek ook aan nog tande gedink wanta op daardie stadium kom daar toe niks op as net die hare se kam. Die tuinvurk is ook n goeie voorbeeld maar hierdie tande van die ploeg is nou regtig baie mooi. Ons het in die begin nog met twee osse en n ploeg geploeg. Daardie omgedolfde vars nat grond reuk sal my ook altyd bybly.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website at WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: