Hierdie is my deelname aan Maandag=Wasdag 31: ‘n besonderse voorwerp. Gaan gerus na die link en lees Scrapydo se blog.

Op die oog af is hierdie net die bokant van ‘n klein houtboksie. Die mate effens groter as die foto hierbo. Maar wat ‘n besonderse verhaal is daar opgesluit hierin nie.
Hierdie boksie het al die jare op die klavier gestaan. Die klavier wat ek speel sedert ek kan onthou. Regs onder in die hoekie staan die voorletters: L Sckiefe. Louis Sckiefe was ‘n Italiaanse matroos wat gedros het uit Wêreldoorlog 2. Hy het by my oupa Martiens Swart op die plaas Môrelig beland. Oupa het gereeld afvoëlvlerkies gehuisves. Louis het hierdie kissie met die hand gemaak. Die grafeerwerk op die deksel is met ‘n knipmes gedoen. Die letters LP in die middel, was sy geliefde in Duitsland. Vir haar het hy nooit weer gesien nie.
Louis is oorlede op ‘n hoë ouderdom en in ‘n armmansgraf begrawe op Bredasdorp in die ou begraafplaas. Jare gelede het ek na die graf gaan soek. Net ‘n hopie grond, geen merker, geen niks. Maar sy bestaan leef voort in die houtkissie, een van my kosbaarste besittings.
Ja, dit is soos om die geskiedenis in jou hande vas te hou en die verbinding te voel met die hande wat dit met soveel sorg gemaak het.
LikeLike
My Oupas het ook sulke mense ingeneem, veral toe Oupa Piet daai ronde dammetjies in die Overberg gemaak, die groter dam op Hermanus gebou en die Theewater uitgemeet het. Oupa Thys Blootvoet het op Koringberg ook twee “mak ‘taljaners” gehad. Daar is ‘n merkwaardige heldeverhaal van ‘n ander Italianer by Nuy Kelder en vandag is daar ‘n gedenkteken by Nuy on the Hill tussen Worcester en Robertson.
Daai houtsneewerk is regtig kunstig gedoen en mooi.
LikeLiked by 1 person
Sal jy daai storie van die heldedaad vertel?
LikeLiked by 1 person
Ek gaan dit seker op my nuwe blog sit maar moet dit eers weer gan navors. Daar is ook ‘n wyn na hom vernoem.
LikeLiked by 1 person
Kosbaar, Appeltjie.
LikeLike
Kosbaar, mooi vertel.
LikeLike
So is daar baie klein dingetjies wat waardevol is in mens se lewe. Ook waardevol omdat jy dit self het, sien of kan vertel van. Baie bly jy het die stukkie gedeel, dis baie mooi. Dankie ook vir deelneem aan die wasdag.
LikeLike