As tieners was dit mode om die bandjie om die arm te dra: WWJD. What Would Jesus Do. Dit was in die tyd toe die atlete vir Christus en ander groepe by skole aangekom het om evangelie werk te doen. En dan is jou optrede streng daaraan gekeur. Sal Jesus werklik nou hierdie opmerking gemaak het? Of hierdie klere gedra het? Of hierdie aksie gepleeg het?
Ek het destyds gevoel dat dit ‘n soort sensorstem was wat oor alles gehang het. Ek, wat destyds en vandag nog nie ‘n “kliek”persoon was nie, het nooit een gedra nie.
WWJD as Hy vandag die korrupsie in die land sien?
WWJD as Hy die veroordeling van een persoon tot ‘n ander sien?
WWJD as Hy wettiesheid die kerk sien oorneem?
WWJD as Hy die verydeliking van Sy Naam hoor?
Wat het Jesus gedoen? **Hy het die tempel skoongeslaan en die algemeen aanvaarbare aardse praktyke veroordeel. **Hy het die sondige mense wat hulp gesoek het, gehelp. Hy het hulle harte gesien. **Hy het die voorbeeld gestel van leef liefde uit, preek redding en doen goed. **Hy het gebid vir diegene wat Hom veroordeel. Hy het nie gevra wat sal my vader doen nie, Hy het dit net eenvoudig gedoen. Nie op die straathoeke nie, maar net daar waar Hy was, in die oomblik.
Kom ons doen dit ook – leef en doen liefde. Jesusliefde.
Sterk boodskap!!!
LikeLike
Jesusliefde. Ek besef daagliks dat selfs daarin verskil ons baie,
LikeLike
Ai, ek het nog glad nie klaar geskryf nie, toe stuur die kommentaar.
LikeLiked by 1 person
Wat ek probeer sê, Appeltjie, is dat ek ook so voel, ons moet net begin doen, dit wat God self in ons harte lê. Al pas dit nie in by almal anders se sienings en denke nie.
LikeLike
Dit raak moeilik sodra dit tyd en veral geld vra. Maar die vervulling wat daaruit gekry word is onbeskryflik
LikeLike
Amen!
LikeLike
Ek wou eendag die WWJD-armbandjie van iemand afruk. Nes jy, het ek gevra WHAT DID JESUS DO? Want die Straatsendelinge het met hulle heilige bibbies haar probeer oortuig om van die straat af te kom en alles net so te los, maar nie plan gemaak vir haar driejarige dogtertjie se versorging of haar kamer se huur of ‘n kossie op die tafel nie. Ons het sedert 2004 onder die radar sendingwerk gedoen, 1:1 vriendskapsbediening op die harde manier. Mens doen, jy praat nie. Dankie vir hierdie hartsraak tersaaklike plasing.
LikeLiked by 1 person