Koshuisdae op Bredasdorp

Ek was gelukkig om eers koshuis toe te gaan in standerd 4 (graad 6 deesdae). Tot op daardie stadium het ons met ‘n bussie gery vanaf Waenhuiskrans se kant af dorp toe elke dag. Maar sport het ons ingehaal, my musiekdae by tannie Meyers was op die alternatiewe dae en Mamma kon nie meer byhou nie met ry nie. Dus gaan my broer Henk kwartaal 1 en ek en my sussie Celia in kwartaal 2 van 1974 koshuis toe.

Dit was ‘n groot aanpassing om nie saam met my sussie in dieselfde kamer te wees nie. Skielik is daar 7 meisies, almal klasmaats maar nie noodwendig maatjies nie, in die kamer. Ek is die inkomeling en moet my plekkie vind. Maar die mens is aanpasbaar en gou is die lewe normaal. Inpak Sondagaand vir die week en Vrydagmiddag na skool terug plaas toe word die nuwe normaal.

So verjaar Colleen Swart. Hulle bly op die hoek van All Saints- en Mattheestraat. Lieflike groot huis, nog groter tuin wat tannie Sura mooi versorg. Naby die straat staan ‘n palm, lang takke amper tot op die grond.

Ons eet en speel buite. Nog ongeskonde deur tv en selfone en rekenaarspeletjies. Eg kind. En die gunsteling is wegkruipertjie, want die tuin bied baie geleenthede. Ek sien my kans en kruip agter die lang takke van die palm in. Onbewus van die lang harde doringnaalde naby die basis van die tak teen die stam. Toe ek my kans sien om myself te gaan blok, spring ek op, reg in een van die doringnaalde in. Dit steek van bo my voorkop reg deur tot amper by my oog. Oombliklik is dit brandend seer. Ek het begin huil, tannie Sura het die bloed skoongewas en pleister opgesit. Nodeloos om te sê my partytjie was verby.

Daardie aand in die koshuiskamer, na ligte uit om 9h00, begin die plek brand. Ek het saggies gehuil, vreeslik na my ma verlang. Een van my kamermaats, ek reken nog dit was Madelé, het opgespring en die tannie gaan haal. Weer is daar salf gesmeer en pleister opgesit. Drama! Vandag nog is daar ‘n harde plekkie waar die doring ingegaan het.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

12 thoughts on “Koshuisdae op Bredasdorp

    1. Koshuis maak mens regtig baie sterk. As ek dink aan al die kere wat mens eerder jou ma wou hê as self regkom, te veel om op te noem. Maar ek dink om uit die huis uit universiteit toe te gaan, sonder dat jy weet wat dit is om op jou eie voete te staan, vat ek eerder die koshuislewe.

      Liked by 2 people

  1. Een Standerd Sessie het by ons een koshuis op die tweede vloer uitgespring van pure maverlang en land toe in diep, nat leemgrond en oorleef. Probleembie: dit was die roosbedding en hy het heelwat dorings reengekom oppad ondertoe.

    Like

  2. Nooit so voorheen daaraan gedink nie, maar noudat my gedagtes teruggennm word na my koshuis dae, word ek herinner aan die sterk band tussen my, my Mamma en my Sus. Sonder daardie liefde en onderskraging, en sommer net naby mekaar staan, sou my koshuis dae baie rof wees. Vir iemand wat klein en terruggetrokke is, is die groot wereld van koshuis baie angswekkend. Ek is sommer nou in trane. Liefde, Sus.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website at WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: