Woorde

Ek lees Una se blog oor fisiater en flaarie en ek wonder in watter eeu het ek grootgeword. Soms is ‘n woord nuut want dit moet iets nuuts beskryf. Mens “google” iets, jy mikrogolf iets, jy “snapscan” iets. Ek noem dit aan die geliefde en hy praat saam. In Nederland beteken woorde iets en by ons iets anders. Kan ek noem van moer en fok? Albei gebruikstaalwoorde in die nat lande met absoluut geen vloekwaarde nie.

Maar dan kom mens af op die snaakse woorde so hierbo. En daar is nog vele. Vra maar vir enigiemand wat blokkiesraaisels invul. Dis so erg, boek op boek word geskryf sodat mens ‘n blokkiesraaisel kan invul. Ek het opgehou probeer. Dis so frustrerend om die leidraad te lees, nie ‘n idee te hê wat dit kan wees nie en dan skelm by die antwoord te gaan kyk, net om ‘n WAT? te sê. 50+ jaar en nog nooit van daardie woord gehoor nie, dit nog nooit gebruik nie. My tannie Hettie het blokkiesraaisels ingevul, daai moeilikes in die koerant. Môre word die antwoorde sorgvuldig nagegaan en dit wat sy verkeerd gehad het, word herstel. Dit wat sy nog nooit gehoor het nie, is voor in die woordeboek ingeskryf.

Toe kom ek by my huidige skool, begin ek werk met ‘n kind uit ‘n nabygeleë kultuur. Ek hoor die klagte: hy vat my vir ‘n pop (skeer die gek op ‘n lelike manier); hy het met lemmies gewen (aalbasters); hy dis my. Ek staan verstom en geëmbarrasseerd as ek uitvind “skommel” het ‘n eksplisiet seksuele betekenis. Ek mag ook nie meer praat van die oulike dogtertjie nie. Dit beteken dat sy seksueel slim gemaak is. En dan die terugslaan na Engels: vat ‘n foto; jecket; ankel en antie. Voorheen het ek genoem dat daar ‘n groot gesels hieroor is. Leopold Scholtz het in ‘n berig wat ek op News 24 gelees het, geskryf oor die polimiek rondom taal, nadat die taalgees Danny Titus oorlede is. Is Kaaps ‘n variant, ‘n egte taal, ‘n streekstaal, moet dit “herstel” word as die kinders so praat? Het iemand al probeer om Nathan Trantaal se berigte (in Kaaps geskryf) te lees en dan te sê jy verstaan volkome wat hy skryf?

Ek is ontsteld omdat ek begin om woorde te vergeet. Dis menopouse, verseker my dokter my, dis natuurlik. Ek wonder of al die operasies wat ek al gehad het, ook ‘n uitwerking kon hê.

Wat is in n woord? Begrip, kommunikasie, ‘n kultuur, ‘n bedoeling, sentiment.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

13 thoughts on “Woorde

  1. Appeltjie, daardie woorde en gesegdes uit die kind se mond is omtrent vreemd! Dit voel asof selfs Afrikaans dialekte het. Sal ons kan sê die blokkiesraaisel-woordeboek is een so ń dialek?😉

    Like

  2. My seun se juffrou in Gr 2 het nie geweet dat daar nie ‘n ding soos ‘n “touster” bestaan nie; dis hoe sy dit in hulle skoolwerk gespel het.

    Like

  3. .pragtig geskryf. Ek glo Kaaps is n duakek van Afr. Adam Small het geglo dis n eie taal. Daar is ook n verskil tussenbAfr in die Kaapprovinsie en Transvaal . Vlg bv diecweskussers se tasl teenoor ons taal watcweercanders as gsuteng se taal in mbt uitspraak, woorde en uitdrukkings.

    Like

  4. EK stem saam met woorde wat ons as skel woorde gebruik maar wat on ander tale n totale onskuldige betekenis het. So is die Roemeense woord vir vuur VOC, maar as ons dit hoor dink ons almal dadelik aan daai unieke woord wat ons almal al gebruik het….want hy is so alles omvattend!

    Like

    1. ek moet lag. Mens sit mos pos in ‘n vakkie. So moet my graad 2’s hul werkkaart voor in hul boeke se omslag sit, en ek sê sit dit voor in die vakkie. Hulle was omtrent deurmekaar, ontstig, ongelooflik. Ek moes mooi verduidelik. Nou sê almal gou : sit dit in die vakkie.

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website at WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: