Maandag = Wasdag #29: bou of maak iets

Hier is my deelname aan die Maandag = Wasdag#29 uitdaging.

My dogtertjie is klein en speel met haar langbeenpoppies. Die regte egte duur twee het sy present gekry. Die ander is die goedkoper variasies. Die poppe moet klere en meubels kry. Gekooptes kos egter baie geld. Ek het grootgeword met ‘n pa wat leer swys en houtwerk doen het omdat hy nie gekooptes kan bekostig nie en dus volg ek sy voorbeeld. Ek neem boeke uit in die biblioteek (geen google beskikbaar) oor popklere en selfgemaakte meubels. Ek koop ‘n fyn sagie en vra oorskiet stukkies hout en hardboard by houtwerkplekke. Pappa leer my om kouelym en die eiehout saagsels te meng in ‘n onbreekbare lasmateriaal. Die poppe het ‘n bedjie. Die materiaal vir die bankie en stoel is oorblyfsels van Mamma se handwerkprojek. Ek vou, werk vas met naald en gare, skuif reg en siedaar – ‘n 2-sitplekbankie met 2 stoele. Die bed se oortreksel kom netjies uit omdat die naaimasjien en overlocker goed werk. Die borduursel is Mamma se eie besluit. My dogtertjie en haar maatjies pak die meubels uit in die groot kartondoos (waarin ‘n wasmasjien verpak was). Die deur en vensters kan oop en toe en die kartonmure word versier met kindertekeninge sonder dat Mamma daaroor moet raas. Kinders wat speel is nie stout nie. Hierdie meubeltjies word nou met sorg gestoor, want Ouma se liefiekleinkind gaan daarmee speel.

bed met matras en oortreksel, 2-sitplekbankie en stoel.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

14 thoughts on “Maandag = Wasdag #29: bou of maak iets

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: