Praat met die rots

Vroeg in die lockdown maande, kry die geliefde berig dat die huis verkoop is. Van die drama wil ek nie vertel nie, dit maak nog seer. Maar dat die drama my nader aan die Here gebring het, is baie waar. Ek kry soggens my bybelversie vanaf “Word for Today”. Die geliefde is moedeloos want waar gaan ons ‘n huis kry. Die oggend skryf Exodus 7: gaan na die rots waar Ek vir julle water sal laat uitkom (vry vertaal) sê God vir die moedelose Moses. Die volk kla want hulle het nie water nie.

Ek troos en bemoedig die geliefde met die woorde. Die water is ons volgende huis, troos ek. Dis wat die Gees vir my sê. Ons is by die rots waar ons moet wag vir God se opdrag. Hou asb saam met my vas aan die belofte. Die Here se bybelbeloftes het my nog nooit in die steek gelaat nie. Die moeilikste deel is om te wag.

So gaan ons aan. Ek kry verse van bemoediging, van ondersteuning, van versterking. Ek herinner God aan Sy belofte van ‘n huis. Ek en Geliefde stap deur die dorp, kyk na wat ons wil hê en ek voeg vir God by: ‘n nice-to-have sal ‘n mooi uitsig wees. Ek glo ek is een van God se witbroodjies. Hy het my tot dusver al my nice-to-haves gegee. Die laaste een is 6voet2. Maar die huis met die uitsig wat ek glo is myne, se eienaar wil niks weet van verkoop nie, tensy ons ‘n buitensporige prys betaal. So ek neem daarvan afskeid.

Net toe ek moedeloos word, want ons huis kom nie op die mark nie, kom die volgende opdrag uit Exodus 7: gaan praat met die rots, sê die Here. Ek is opgewonde. Ons huis is op pad. God kan die onmoontlike doen en ‘n rots laat water gee. Hy kan ook ‘n mens wat rotshard is laat versag. En jou waarlik, daar laat weet die oom, ons kan kom praat. Die geliefde gaan, maar kom met leë hande terug. Die prys wil nie sak nie. My moed wil net wankel, maar God fluister: gaan praat, Ek sal die water laat loop.

So, ek hou moed. Ons word gedwing om ‘n paar dae te wag, hou langnaweek in die lieflike Robertson area. En ek wag vir die volgende opdrag om te gaan praat.

Ek glo my water uit die rots is op pad.

Die Woord het so gesê.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

8 thoughts on “Praat met die rots

  1. Ons huurplek is ook verkoop tydens inperking en ons moes trek. Al wat ek kan se is dat die meetsnoere vir ons in lieflike plekke geval het en ons is waar die Here in 2018 aangekondig het, in die “land wat Hy aan ons voorvaders gegee het.” ons woon waar ons mense in 1658 gevestig het. My oorle Ouma Grootjie is in 1854 hier gebore en ek het reeds met ander Blootvoete kennis gemaak hier.

    Like

      1. Dis ons almal se probleem. Ek het gevra vir onmeetlike wysheid, geloof en geduld. Dis dadelik toegestaan maar meer as dertig jaar later stap ek steeds om dit by die Toonbank te gaan afhaal……………….het ‘n werklik ekstreme lewe agter die rug waartydens ek aan Jesus vasgegroei het en enigiets wat lyk na kerklikheid afgeleer het. Selfs nou wag ons op Sy belofte…………ons is nog nie daar nie maar nader. ‘n Hele leeftyd, my hart het begin ingee, twaalf beroertes, diabetes, alles goed wat gebeur het agv die “proefperiode.”

        Liked by 1 person

    1. ek glo dat soos met my ouers moet die oom net eers besef dat hy regtig nie meer op sy eie kan werk nie. Maar ek moet wag. Die Here se tyd is perfek. Dalk praat hy weer, maar my belofte staan. Die water sal stroom.

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: