Ja of nee. Nee of Ja. Moet ek of moet ek nie? Hierdie jaar het sulke geweldige emosionele laagtepunte maar geestelike hoogtepunte gehad en dis gekoppel aan mekaar. Doen ek alles oor, kan ek kies wat moet bly? Sal ek iets wil uitlos?
Kies ek die geestelike hoogtepunte, is daar nie grond waarop dit kan staan nie. Die geestelike goed het gekom omdat die aardse emosionele gebeurtenisse so ontsaglik moeilik en seer was. Dan kom my “Word for today” deur en ek kry krag vir die dag. Soms het ek vir dae rondgeloop en in midde van trane en die D-woord (depressie) die woord van God oor en oor herhaal. Ek het gestaan op beloftes van voorspoed en onregverdigheid wat gebind word as die kind van God daarvoor vra. En dit was gebind. Ek juig en getuig daaroor. Een van die beloftes/opdragte was – Moses moet na die rots toe gaan sodat God vir hulle water kan laat voortvloei in ‘n woestyn. Daardie belofte het ek al soveel keer vir God aan herinner en wat is vanoggend se vers (5 maande later): praat met die rots, sê God, sodat Ek vir julle water kan laat voortvloei. Ek juig. Uiteindelik is my water hier. Ek getuig daaroor in die kantoor. My hoof sê: ek spreek lewe saam met jou.
Reboot ek 2020, los ek die moeilike 4 maande uit? Die moeilike 4 maande wat juis vir my en die geliefde sterker aan mekaar gegom het? Die moeilike 4 maande wat my gewys het, ons sal dit kan maak in goeie tye? Die moeilike 4 maande wat die geliefde, al soveel keer in die steek gelaat, vir my gevra het – wat sê jou bybelvers vandag?
Nee, 2020 bly net so. Covid het my die kans gegee om my uiters siek nuwe-mamma-dogter met haar siek babatjie by my in die huis te neem, hulle die kans te gee om te herstel tot die hegte band wat nou daar tussen hulle is. Covid het my die kans gegee om te sien hoe oorwerk ek was, en ek het weer geleer van slaap en balans in die lewe. Covid gee my die kans om vir slegs 15 kinders op ‘n slag klas te gee, op hul akademiese vlak. En hartseer soos dit is, Covid se gevolge gaan my die kans gee om ‘n mooi huis te kry teen ‘n prys wat ek kan bekostig. Covid gaan my geliefde leer dat om aan God vas te hou nie ‘n sprokie is nie.
Reboot 2020? Nee. Ek het ‘n wonderlike groep vriendinne ontdek, omdat ek ‘n alternatiewe uitlaatklep gekry het vir die kreatiewe in my. Heeltemal onverwags, uit die bloute uit, ongevraagd. En mense lees my goed!!?? Nog nooit in my dag des lewens het ek dit verwag nie.
Reboot 2020? En laat al die goeie verdwyn met die slegte? Nee. Asseblief nie. Die slegte het van my ‘n beter mens gemaak. Die goeie is ‘n bonus.
2020 bly net soos dit is, dankie.
Ek stem so saam met jou, die slegte het die goeie net soveel aangenamer gemaak. En my band met die Here ook soveel versterk. Alles het gekom in Sy tyd, nie in myne nie. En ek het geleer om te wag vir Sy tyd, wat soveel beter as my tyd was.
LikeLiked by 1 person
2020 het beslis geestelike verdieping gebring,Appeltjie.
LikeLiked by 2 people
My 2020 ook, Appeltjie. Myne het die laagste laagtepunte denkbaar gehad, maar 2020 is ook my hersteljaar. Ek wil hom nie oorhê nie, maar ek wilnie sonder hom gaan nie.
LikeLiked by 2 people
Jou skrywe inspireer my om anders na hierdie jaar te kyk, Appeltjie. Dankie vriendin.
LikeLiked by 2 people
“Die slegte het van my ‘n beter mens gemaak. Die goeie is ‘n bonus.” Dit herinner aan Ps 119:65-73. Mense kla so graag maar na dertig jaar van 2020 kan ek net deel dat karakter nie kom met luilekker sonbranddae nie maar met die woeste storms van die lewe. Die tyd is nie ryp om my storie te vertel nie maar, glo my, 2020 was die heel beste jaar vir my in drie dekades. Net gister die eerste verjaardag van my TWAALFDE beroerte herdenk en dit was maar net een van ‘n horde krisissies wat in een jaar gekom het. As sendeling met ongeskiktheid en wat absoluut NET in geloof leef, kan ek jou se dat ek nie Ratanga Junction benodig vir avontuur nie.
LikeLike
As mens so terugkyk besef jy dat daar meer goed as sleg uit Covidgekom het vir die wat Hom liefhet. Net die feit dat nie een van ons dood is agv COvid nie, maak dit al klaar superspesiaal. So nee, moet asb nie reboot nie
LikeLiked by 1 person
Mens kan eintlik nie wat gebeur het netso wegvee nie
Dis deel van alles. Dit bring insig en ook vrede op die regte tyd. Nie soos ek wil nie maar soos U (God) wil.
LikeLike
Dis presies soos ek voel.
LikeLiked by 1 person