Maandag = Waskamer 27 Kamer

Ek het geen foto’s van hierdie kamer in die huis waar ek grootgeword het nie. Ons eetkamer op die plaas Môrelig. Hier het ons geëet, gepraat, gekaggel, genaaldwerk. Voor die tyd van selfone en onbeperkte vaslegging van herinneringe.

Die eetkamer was dit – die eetkamer. Die groot familietafel wat 10 mense kon sit as jy effens na aan mekaar sit, was die middelpunt van die vertrek. Hier het ons aandgodsdiens gehou, geleer bid. Tog het hierdie gewoonte met die jare verlore gegaan. Ons kinders moes help met tafel dek en afdek; die klein borseltjie vat en die krummels op die voer opvee. Pappa het voor en na die ete dankgebed gedoen. Aan hierdie tafel is gesels en gelag, tafelmaniere geleer. Het ons gesien wat in wie se lewe aangaan. Eers het Pappa met Mamma gepraat en daarna kon die kinders ‘n beurt kry. Die ander moes mooi luister. Veral Vrydagaande was die kinders se tyd, na die terugkeer vanaf die koshuis. Tafelmaniere was my ma se passie. Jy het ‘n broodmes en ‘n eetmes; wie onthou nog die vismes en -vurk? Poeding gerei het bestaan uit ‘n lepel en ‘n vurk. Ek onthou nog hoe verleë/verstom ek was toe ek in standerd 4 in die koshuis kom en daar is nie ‘n vurk by die poedingbakkie nie, net ‘n lepel. Jy het nie gerek vir ‘n bak nie, jy moes vra dat iets vir jou aangegee word. Jy het gewag tot almal kos het voor jy mag begin eet. Lapservet op die skoot. En was ons ryk? Nee, Mamma het net grootgeword in ‘n huis waar fyn maniere aan die orde van die dag was. Ons is ook so grootgemaak.

Wintertyd was kaggeltyd. Lekker voor die vuurtjie gesit. Rustig gelees, handwerk gedoen, dalk bietjie gesels, marshmallows gebraai. Mamma was erg oor die kaggel en die reuk van ou as. Daarom is die deksel oor die vuur gesit aan die einde van die aand en môre-oggend eerste ding word die ou as met die spesiale skoppie en besem blinkskoon opgevee. Toe kom televisie en die saamwees tyd verskuif televisiekamer toe en word die televisiekamer die woonkamer. Reg geraai, die huis was ‘n tipiese plaashuis. ‘n Vertrek vir elke doeleinde.

Mamma se naaimasjien het in die eetkamer gestaan. Mamma het goed naaldwerk gedoen. Sy het naaldwerk op universiteit gehad. Saans moes Pappa eers die kragopwekker gaan aansit vir elektrisiteit. Ons het eers laat in die 70ers elektrisiteit gekry. Ons het nie baie geld gehad nie en Mamma moes al my en my sussie en meeste van haar klere self maak. Die masjien het dus maar meesal in die aand geloop. Die geluid van wrrrrrrr stil wrrrrrr stil sal my altyd bybly. Op die eetkamertafel het ek en my sussie ons naaldwerklesse gekry. Met Ouma se Singer handmasjien. Ek wil ryg, sy wil stik, so elke keer word die gare en spanning geruil. Maar wonderlike tye is rondom die naaldwerk gehad. Dis seker ook waarom ek vandag nog lief is vir naaldwerk. So ingebore.

Verjaarsdag tee is rondom daardie tafel gehou. Voor ons koshuis toe gegaan het, het ons 3 kinders rondom daardie tafel gesit en huiswerk gedoen.

‘n Lewe in ‘n vertrek in ‘n huis.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

5 thoughts on “Maandag = Waskamer 27 Kamer

  1. Dis te lekker om hier te lees. Dankie vir die deel van jou kamer wat veel plesier gebring het. Daardie tafeldek en goeie maniere is ook deur ons uitgevoer. Selfs nou nog eet ek aan tafel al is ek alleen. Ons het gladnie krag gehad nie . Net gaslamp in sitkamer so saans was daar nie lig om naaldwerk te doen nie. Die Singer het soggens oortyd gewerk sodra dit lig genoeg was.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: