Die krag wat in ‘n drukkie lê, is onbeskryflik. In die bybel word ook gepraat van groet mekaar met ‘n broederlike kus. Jesus het sy hande op kinders gelê. Die vrou wat aan bloedvloeiing gely het, het net aan Jesus se kleedsoom geraak en die krag wat daar uit gegaan het, het haar genees.
Nou is dit Covid. Geen aanraking word toegelaat nie. Was jou hande, emosies word weggesteek agter ‘n masker, afstand moet behou word.
En dis met die afstand wat almal ‘n probleem het. Die mens is nie gemaak om weg te staan van ander af nie. Liefde, begrip en omgee word met drukkies bevestig.
Ek staan in ‘n klas van 15 leerders – net die helfte mag op een slag daar wees. Seuntjie (sy naam mag nie genoem word nie) se mamma is 2 maande gelede oorlede aan ‘n skielike beroerte. Ons gee berading en begrip. Gisteroggend sit hy met rooi ogies in die klas. Ek los hom vir eers. Tot een van die maatjies sê: Juffrou, Seuntjie huil. Ek stap oor, vra wat makeer en hy huil: ek mis my mamma. Vinnig neem ek hom uit om hom privaatheid te gee, en net daar besluit ek ook – biedêm covid, hierdie kind het ‘n drukkie nodig. Ek verdoem enige covid tot in die hel. Ek neem hom ferm aan die skouertjies, trek hom nader, vryf sy ruggie, sy haartjies, laat hom huil. Ek mis my mamma. Ek verlang so na haar, kom die hartseer uit. Ek hou vas. Dis al wat ek kan doen. En val bietjie later terug op my troosmedisyne – was jou gesiggie, vat ‘n slukkie water en dan gaan ons aan met die dag.
Die seer was beter vir daardie tyd.
Dit is so hartseer, die kindjie is nog so klein. Ek sou ook drukkie gee, dit is hoe die lewe werk.
LikeLiked by 2 people
Appeltjie,jou moederinstinkte is verseker in plek.
LikeLiked by 2 people
My fisioterapeet het haar aartappelsakkielyfie laaaank uitegrek en my om my nek gevat en my die lekkersagste drukkie gegee in die hospitaal toe sy ‘n jaar gelede vir my ‘n kierie moes bring na my laaste beroerte. Daai drukkie werk nog op my hart en is wat my help genees. Meer onlangs het ‘n jongerige mamma en haar dogtertjie van so twaalf hierdie wildvreemde oom toegetakel met wat ek sou noem, hartsrdukkies. En my hart glimlag steeds oor die gebaar, oor die closeness wat ek so nodig het. was in 2019 vir 183 dae in isolasie in ‘n kamer van veertien vierkante meter en 2020 is maklik. maar die drukkies sweis my siel weer heel. na die maan met die kommuniste se verwydering van mekaar. jy het baie reg gedoen
LikeLiked by 1 person
Verlede jaar by Imagine kom daar ook ‘n standerd sessertjie. Wou ook maar net sê dat sy mamma baie siek is. Dankie juffrou vir jou oor, jou hart, jou drukkie. ❤️
LikeLiked by 1 person
Appeltjie, jy het die wêreld vir hom gegee, glo my, soms werk niks anders nie, Covid of te nie. Dink dit was die swaarste om hulle te verpleeg, daai sosiale isolasie in hulle, die skok as jy wel aan hulle vat. Baie meer skade as longe die gogga en media gemors
LikeLike
Whaaaaaaaaa, verloor ek my comment. Dit het vir hom die wêreld beteken. Sosiale beperkings baie meer skade as wat gogga gemors ooit kan wees, dit en die media daarom. Bly jy hom gedruk🤗🌻
LikeLike
Mens kan mos nie so n kindjie net los nie. Dis hartverskeurend om die outjies so magteloos en hartseer te sien. Mens moet hul net bietjie vashou. Dit doen meer goed as kwaad.
LikeLike
Biedêm covid, daai kind gaan nog baie drukkies nodig hê en jy het hon gehelp met joune
LikeLiked by 1 person