Memories are made of this

Ek, Rensburg en Celia in die wrak van die Arniston

Dit was ‘n vakansie wat nie so moes gewees het nie. 13 mense saam in een huis vir 8 dae? Onmoontlik. Maar dit het toe so gebeur. Ek en my sussie sou saam in Mamma se strandhuis gaan vakansie hou. Dis Desember en ons reël ons dinge mooi. Die neef en niggies is ook gaande oor mekaar, so ons sien uit na ‘n heerlike tydjie. En toe hoor ons broer Rensburg en sy gesin gaan ook daar wees, terselfdertyd. Waar sou die misverstand dan begin het? Maar ons kom almal oor die skok, reël vir ekstra beddens en matrasse en ons pak die ding aan.

Na die tyd en nou nog, praat ons oor daardie vakansie. 6 van die neefs en niggies normaalweg verspreid tussen die Kaap, Oos-Kaap en KZN kuier saam, ontdek en herontdek mekaar. Die seestrand word platgestap in die perfekste vakansieweer ooit. En die Arniston spoel oop, vir die eerste keer in bitter baie jare. Ek, sussie en kleinboet gaan stap. Ure lank. Tydens die laagste laagwater in bitter baie jare, tot by die wrak. Kilometers langs die strand op. Ons sien die voëls se neskolonie; neem waar die oer-oue sandsteenpypies waarin wurms gebly het en nou versteen is maar oopgespoel het oor die jare. Ons raak aan geskiedenis. Kyk en voel en neem herinneringsfoto’s.

Terug by die huis is my enkels bietjie seer. Later daardie aand lyk dit soos butternut pampoentjies. Maar dit raak beter ‘n paar dae later. Tot ons weer wil gaan stap. Hierdie keer om die grot op Waenhuiskrans te besoek. Ons vorder fluks, tot my enkel net nie meer wil verder nie. Ek wag op Roman Beach tot almal weer terug is, vol gesels oor die wonder van die grot wat ons al so dikwels besoek het. En ons neem nog ‘n onthou foto. Hierdie keer sien ons ‘n vriend wat nie meer ‘n vriend is nie en een wat ‘n geliefde skoonseun geword het. Die laaste keer wat ons so saam sou wees.

op Roman Beach, Waenhuiskrans

ons gewese strandhuis, ou kaapse gewel huis met die rooi dak in die middel.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

13 thoughts on “Memories are made of this

  1. Wrywing sal daar altyd wees, maar sulke gesinsvakansies waas vie my as enigste kind, heeerlik. ( My ma was een van 11 en elke desember het ons en hulle met hulle gesinne saam vakansie gehou- eers in tente, karavane en toe Rus’bBietjie. Later het 8 vd 11 hulle eie huie daar gehad.

    Like

      1. Ek moet sê, sy maak julle beslis nog steeds trots daar langs die Arniston hotel. Ek moet sê dis opwindend dat die skip se wrak oopgespoel het toe julle as fsmilie op Waenhuiskrans was!

        Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website at WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: