Maandag = Wasdag no 26

Fototjies van die klein leerskoentjies het ek nie meer nie, of nooit gehad nie, maar die 2 handgemaakte leerbabaskoentjies sal altyd ‘n foto in my geheue bly. Lieflike sagte leer moes dit gewees het, met liefde gebry, gesny, met die hand aanmekaar gewerk. Daar was nie winkels nie. Die skoentjies was maar net altyd daar in die gangkas in my ouerhuis. Tot ek eendag daarna gevra het.

Johannatjie was haar naam. Die klein dogtertjie wat dood is aan witseerkeel. Ek het net vroeër geskryf van my ouma Truitjie van Diknek, Namakwaland. Ewenwel, sy het 10 kinders gehad waarvan 9 oorleef het. My pa was die jongste, 25 jaar na die oudste tannie Sussie Lettie. Johannatjie moes volgende gewees het, na tannie Sussie Lettie. En die skoentjies was hare. So ver van alles af, geen ambulanse of helikopters om te kom help in nood nie. Die gevreesde siekte wat die keel aantas, die lugweg toeswel, ‘n pynlike koorsdood. Geen veldmedisyne wat daarvoor help nie. Toe is sy weg. Al wat oorbly is die leerskoentjies. En haar storie.

My bydrae tot scrapydo (https://wordpress.com/read/feeds/96456537) se skryfuitdaging.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

11 thoughts on “Maandag = Wasdag no 26

  1. Ek het nooit van al my doopname gehou nie. Maar omdat daar erens in al die name n Johanna voorkom, en ek gebore Aggenbach is, het ek Johannatjie se rokkie en skoentjies. Dit is dierbaar en kosbaar.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: