Appeltjie se alfabet

Eenkant onder ‘n boom sit Appeltjie.  Sy is maar bewerig want haar sussie Celia is op pad. Sy is bekend daarvoor dat sy met ‘n dans deur die lewe gaan. Elke dag hoor mens ‘n fluit as sy dans.  Sy giggel as sy vir Appeltjie sien.  Die huis waar hulle bly is groot.  Normaalweg as hulle daar ingaan klap die groot deur hard agter hulle toe. Julle moet weet dat hulle sussieskap  vir hulle uiters kosbaar is. Louis het die Maandag haar nommer gevra. Celia sê:  Ons familie  dink hy pas goed in. Ons gee nie om dat hy reis  sodat ons by die see kan gaan vakansie hou nie.  Dan tuimel ons by die sandduine af voor ons uitgaan om op die see te gaan vaar. Ons is almal dankbaar dat daar hierdie keer nie weer xenofobiese aanvalle plaasgevind het nie.  Ons drink gou ‘n glasie wyn met ys voor die Zoomgesprek met die res van die familie begin.

foto op google: dans

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

4 thoughts on “Appeltjie se alfabet

Leave a reply to Letty-Ann Cancel reply

Design a site like this with WordPress.com
Get started