Die new normal

You Might Be Buying a Hand Sanitizer That Won't Work for ...

Almal praat van die “new normal”. Die nuwe normaal. Ek stap by die skool in saam met ‘n kollega wat saam met my ry. My masker is op sodra hy inklim. Hy voeg gou by dat hy “nee” sê op al die gewone screening vrae. (screening vlg die woordeboek: = afskerming; beskermend; noukeurige ondervraging; sifting; skerm)‐ tog het screening die woord geword wat gebruik word, want dit vat al die bogenoemde woorde saam.

By die skool stap kollega die korrekte afstand langs my sodat ons kan gesels. Hy help dra, en net voor hy aanvat, spuit ek gou ontsmettingsmiddel op die handvatsel. Maskers is op , die neus is toe. Op met die trappe, hy nou agter my op die maskeerband strepe wat geplak is. Ek sit net gou alles wat in my hande is neer op die vloer in die gang voor my kantoordeur. ‘n Onderwyser het altyd ‘n horde goed wat saamgedra moet word. Dan stap ek gou terug, trap op die saniteermiddel se voetstuk, saniteer die hande op die korrekte manier, laat neem my temperatuur – die kantoorhulpdame staan agter die toonbank, ek dink haar rug moet af wees nadat almal deur is. Ek gryp vinnig ‘n bietjie saniteermiddel en glip na die intekenlêer toe, maak die pen nat en teken in op 2 plekke: die intekenregister en die screening blad. My kantoordeur is reeds gister gespuit omdat ek die laaste een uit was. Toe het ek al my stoel, my werkoppervlakte en my keyboard reeds gesaniteer. Gelukkig gebruik net ek my werkstasie want my rekenaar word daagliks daaraan gekoppel. Die ander personeel moet stasies deel.

Vroegoggend maak ek tee: sit my sakkie en suikerpilletjies in my koppie, druk die handvatsel van die quickhot met my vingerpunt. Roer my tee en was dadelik die teelepel. Gooi melk in en vee vinnig die boksie af met ‘n nat lap. My beker gebruik ek die res van die dag.

Toilet is ‘n groot deel van enige vrou se dag. Ek het my lappie en spuit dit met handesaniteermiddel, vee vinnig die deurhandvatsel voor en agter af, asook die toiletring en die bak se handvatsel. Doen wat ‘n vrou moet doen en herhaal die proses – maak eers die deur oop met die nat saniteerlappie, vee die ring en handvatsel af en stap uit. Ek verkies om my hande te saniteer i.p.v. die waterkraan te gebruik. Daar is handeroom in my kantoor want teen die tyd dop my vingers se velletjies al af.

Sodra iemand in my kantoor inkom, check ek dat hul maskers OOR hul neuse is, saniteer die hande en staan die korrekte afstand weg terwyl hulle praat. As hulle gesit het, word hul stoel en daar waar hulle by die lessenaar gesit het, afgevee met die blykmiddellappie. Ons stap gou na die skoolhoof toe, hierdie kant en daardie kant van die gang. By sy kantoor word die hele proses herhaal.

Om die kinders se proses van inkom, uitgaan en toilet toe gaan te verduidelik gaan die leser se oë laat kruis. Dis ‘n hoofstuk op sy eie. Pousetyd is daar ‘n skoonmaker aan diens wat die handjies en na elke gebruik, die toilet spuit. Leerders wat “ja” antwoord word in ‘n aparte vertrek gehou en die ouers gekontak. Daarna word die sitplek gesaniteer. Die kinders sukkel egter die meeste met die sosiale distansiëring. Hulle vergeet glad nie om hul handjies te spuit of aan die einde van die dag hul werkplekke te saniteer nie – juffrou is elk geval deel daarvan. Maar om so ver van ‘n maatjie af te bly is ‘n groot struikelblok, ‘n aanpassing, ‘n hartseer saak. Die mens is nie gemaak om op ‘n eiland te wees nie. Sosiale distansiëring maak van ons eilande.

In die winkel saniteer ek my hande en neem 2 lappies uit die drom, vee self die trollie se handvatsels af en rondom die raam waar ek oplet ek tog vat. Dan draai ek die lappie rondom die trollie se handvatsel. Soos ek items afhaal en in my trollie sit, word my hande dus outomaties gesaniteer. Raak dit droog, hol ek gou toonbank toe, maak die lappies nat en maak my inkopies klaar. By die toonbank haal ek vinnig die inkopies uit maar na elke een vat ek aan die nat lappie. Die kitskaartpunt word nat gemaak en ek vou die lappie om my vinger voor ek die pinkode insleutel. Ek gee my eie sakke aan vir inpak. Vra dat die inpakker net gou eers haar hande spuit.

So, hoe het ek covid gekry? By mense.

Dra jou masker. Hou jou neus toe. Daai flippen virus is mikroskopies klein en die neus is die belangrikste ingang en uitgaanpunt.

Nou is maskers die nuwe mode item. Die kleure pas by uitrustings. Sommiges het deurskynende plastiek sodat monde gesien kan word. My dowe broer juig oor daai een. Soveel verskillende patrone en vorms om van te kies. Die entrepreneurs maak geld. Elke straatverkoper het wasgoedpenhanger vol maskers.

Maskers kán risiko vir Covid-19 verminder – kenners | Maroela Media

Ek wonder of ons ooit weer veilig sal voel sodra die krisis verby is. Ek wonder of klein kindertjies gaan bang wees om sonder ‘n masker te loop sodra dit toegelaat word. Ek wonder hoe dit gaan wees om nuus te kyk sonder om covid getalle te sien.

My dogter, ‘n germofoog van kleinkindjiedae af, lag. Mamma, julle doen maar net wat ons germofoë nog altyd gedoen het.

This too shall pass.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

6 thoughts on “Die new normal

  1. Ek ook toorts, hoor hoe sug ek. My niggie wat so higienies is dat sy selfs die bottel sanitiseerder gesanitiseer het, het covid gekry. Ek, wat gereeld vergeet, gelukkig nog nie. Let asb op oor spelling en betekenis. : sanitiseer= sanatiseer= sataniseer.

    Liked by 1 person

Leave a Reply to Una Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website at WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: