‘n Lemur vir Rebusfontein

Hierdie hoofstuk vorm deel van die Towerinne se avonture. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar en onverklaarbaar.

Deesdae het ons ñ muntstuk, ñ spesiale Ingelse muntstuk. Dit kan jou dagdrome oor verre lande, tye en plekke bewaarheid wanneer jy oor die rooi merk van die Koningin se KROON vryf. Dan word jy en jou reisgenote afgelaai op enige deel van die wêreld of ander planeet (bestaande of nie-bestaande) en in enige tydsgleuf (verlede, hede of toekoms), waaroor jy al ooit gedroom het. Dus kan die Towerinne reis waarheen hulle wil en ongerymdhede gaan pleeg op enige tydstip wat deur hulle verbeelding bereik kan word.


As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die hoofstukke te lees. Na myne sal daar gereeld nuwe hoofstukke bygevoeg word. Totdat ‘n ander fantasie ons aandag vereis. Dan begin ‘n nuwe vervolgverhaal, ek bedoel avontuur. Lees die ander bloggers se bydraes by ons InLinkz-skakel https://fresh.inlinkz.com/party/2bf73617bd9249a48498418c9d7134f3

Vorige wedervaringe van die VVVTT kan hier gevind word:
https://fresh.inlinkz.com/party/935a80f8f1d64f4f8f4a491bb1abb030

Madagaskar is nog vars in Appeltjie se gedagtes. Dit was die eerste toer wat sy saam met die towerinne gemaak het. Una het genoem dat ‘n lemur apie haar volg in die bosse en na ‘n deeglike maar hopelik onsigbare soektog, het sy hom raakgesien. Twee sielvolle ogies het na haar gestaar waar hy aan ‘n tak vasklou. Heeltemal alleen het hy daar gesit. Geen trop om hom te beskerm nie. Sou hy ‘n uitgeworpene wees? Lemus is mos sosiale tropdiere? Appeltjie se feetjiekind, Faye, sit op haar skouer, hou vas aan haar oorlob. Ek sal gaan uitvind, fluister sy. Fyntjies en vrolik glip Faye deur die lug, hang voor die lemur en praat met arms en lyf terwyl haar vlerkies vinnig fladder. Sowaar, die lemur se koppie knik, sy ogies lyk of dit wil traan, die stertjie roer hartseer. Faye raak saggies aan sy neuse, wink hom om haar te volg. Lugtig volg die lemur haar en kom tot stilstand voor Appeltjie, op ‘n veilige afstand, gereed om vinnig die hasepad te vat. Faye se hande beduie woes, haar lippies bewe en twee magiese trane loop oor haar wange. Feetjietrane is helend. Appeltjie vang dit vinnig in ‘n tissue en bêre dit in haar sak. Iewers in die toekoms gaa dit handig te pas kom. Dan registreer sy wat Faye vertel. Die arme lemurtjie was die vorige leier se kleintjie. Die leier is doodgemaak vir wildvleis deur poachers en die nuwe leier het hom eenkant toe gestoot. Hy mag saam met die groep beweeg, maar niemand gee vir hom om nie en hy is nog baie jonk. Appeltjie se hart swig en sy steek haar arms uit na die kleintjie. Hy glip met ‘n grasieuse beweging tot teen haar bors en klou vas vir lewe en dood. Heel duidelik het Rebusfontein nou ‘n eksotiese inwoner bygekry.

Lemur, Wildlife, Madagascar, Coquerel'S Sifaka, Sifaka
Lemurtjie

Appeltjie dink terug aan die vlug in die VVVTT. Dié was maar ontevrede met die vierbenige gedierte wat hy moes vervoer. Die rit terug Rebusfontein toe was maar erg rukkerig. Nie een van die towerinne kon gemaklik sit en hul drankies geniet nie. Almal het nat merke op hul klere gehad. Selfs ‘n stewige vryf aan die rooi kroon van die koningin om hom te kalmeer het geen uitwerking gehad nie. Soos ‘n onervare valskermspringer het hy hop-hop geland in Rebusfontein, almal uitgedop en in die berg langs die waterval gaan sit om homself te bejammer.

Intussen is Faye en Lemon besig om hegte vriende te word. Faye het besluit die lemurtjie moet ‘n naam kry en met ‘n rede wat net feetjies verstaan, het sy besluit op Lemon. Lemon is gaande oor die nuwe huis. Hy swaai aan die reëlings van die dek en tot Appeltjie se grootste bekommernis vlieg hy deur die lug en land veilig op sy voetjies. Hy kan die vetplanttuin glad nie verstaan nie. Sulke klein plantjies het hy nog nooit gesien nie. In sy wêreld was daar net hoë bome en varings. Die berg agter Appeltjie se huis trek hom. Appeltjie tel hom op en hy gaan sit op haar kop. Met Faye wat aan haar oor vashou, begin hulle stap. Net gou besluit Faye die stappery neem te lank. Sy fladder haar vlerkies, gryp vir Appeltjie aan die skouers en daar trek hulle deur die lug, berg toe.

Arme VVVTT was net besig om te herstel van die skok van die viervoetige dier in sy binneste, toe kom die gedierte deur die lug na hom toe aangevlieg. Geskok probeer hy vlug, maar onthou te laat dat die towermunt nog in Appeltjie se besit is. Sy tentflappe fladder floutjies en gaan lê met ‘n sug. Netjies land Faye met haar vrag voor die Tent. Weereens fladder die vlerkies en swaai haar arms terwyl sy in towertaal met die Tent ‘n gesprek voer. Versigtig lig die Tent ‘n hoekie van sy tentflap en loer na die groepie voor hom. Hy oorweeg die feetjie se woorde. Lig ‘n tentflap effens en raak aan die lemurtjie. Toe dit hom nie bespring nie, raak hy meer vrymoedig, lig homself op en gee ‘n effense tent-hoppie. Lemon hop saam. Tent wip effens in die lug op en Lemon wip saam. Kort voor lank is dit ‘n mallemeule van tent en lemur en feetjie wat deurmekaar kapperjolle uitvoer. Appeltjie moet net keer of hulle tuimel teen die waterval af.

**************************************

Terug in Rustig, haar huisie, kry Appeltjie ‘n boodskap van Aalsie dat sy ‘n Madagaskarstiggie moet kom haal. Faye en Lemon speel wegkruipertjie buite en om die huis. Sy vind vir Aalsie, Una, Seegogga en Toortsie in die poeletjie buite Una se huis. Die broodboom stiggie staan gereed langs die kant. Voor hulle egter kan begin kuier, kry Una ‘n oproep van tannie Frannie in Amerika af. VirgoC is in die moeilikheid. Daar is ‘n tifoon op pad na haar toe en sy moet gered word. Die tent word benodig. Appeltjie wil nog planne maak, toe gryp Toortsie die muntstuk, vryf dit en toor die tent op. Intussen laat weet Christa uit Kazakstan dat die weerberig al die gevormde sikloonform uitsaai en dat dit ‘n woeste een gaan wees. Die towerinne wag nie langer nie en storm die tent binne. Voor hulle kon sê mes, is die tent in die lug. Hy spring vervaard oor die wêreld heen om al sy towerinne bymekaar te maak. Toe sit hy die pad in na VirgoC toe.

Maar soos almal weet is siklone onvoorspelbaar. Net toe die Tent links-om wil glip , verskuif die sikloon effens. Dit vang die Tent en sy towerinne in sy wind-en-weer greep vas. Hy waai hulle skoon uit hul koers sodat hulle iewers naby Fiji beland . Noudat hulle niks kan sien nie, gee Appeltjie wat in elk geval rigtingbedinges is, die verkeerde koördinate en voor hulle hul kom kry, pyl die Tent reguit af, die diepsee in. “O Griet”, snak Appeltjie met haar laaste bietjie asem, (terwyl sy ‘n fiktiewe heksiekarakter uit haar kinderdae onthou), ek wens Jacques Cousteau was nou hier.

Skaars het sy klaar gesnak, of voor hulle verskyn ‘n vreemde geel onderwatervoertuig. Die luik gaan oop en ‘n figuur in ‘n swempak swem uit. In sy hand is ‘n duikapparaat vir almal, presies volgens elkeen se mate. Hy rol die tent in sy arms op en swem terug na die OWV. Geniet die ervaring, klink dit in elkeen se kop op. Laat weet sodra julle klaar geswem het.

Related image
Related image

Die towerinne is in vervoering. Die onderwaterwêreld van Fiji is bekoorlik mooi. Veelkleurige vissies dartel rond tussen die lieflik gevormde koraaldiertjies wat lyk soos plante. Die blou van die water is rustig, nie so deurmekaargeskommel soos die see wat nog in die greep van die storm is nie. Na ‘n tydjie begin Appeltjie bekommerd raak. Hulle moet eintlik vir VirgoC gaan red. Hulle skeur hulself moeilik weg van die betowerende seetonele. Appeltjie stuur ‘n gedagte op boontoe Dankie Jacques, ons is klaar en die hoflike Fransman stuur sy OWV om hulle te kom haal. Van die towerinne het stampe en skrape opgedoen. Appeltjie haal die tissue met feetjietrane uit en vee dit oor die seerplekke. Dit verdwyn soos mis voor die son. Nou is die towerinne erg bekommerd oor hul vriendin, maar Jacques verseker hulle dat die storm wonderbaarlik gaan lê het. So iets het die wêreld nog nooit gesien nie. Virgo het intussen laat weet sy is veilig.

In ‘n hoekie van die OWV glim die Tent se geestelike oog ietwat tevrede. Daardie storm het maar net gedoen wat hy geweet het goed is vir hom. Maar nou raak die VVVTT ook haastig. Hy raak-raak effens aan Appeltjie se arm en sug in haar gedagtes, vryf asb die munt. Hy wil terug huis toe. Faye en Lemon wag vir hom.

fotos verkry vanaf google. Jacques Cousteau was die soekwoord

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

18 thoughts on “‘n Lemur vir Rebusfontein

  1. Nooit Appeltjie, ons het ń lemurtjie bygekry, ń Lemon!!! Jippee!! Ek gaan Danie dadelik oorbring sodat hulle rustig met mekaar kan raak. En ons Fiji ekskursie was wonderlik. Ek wou nog altyd die onderwater wêreld ontdek. VirgoC het my ook laat weet sy is veilig, ek is net nie seker van Christa nie. En dan is daar Faye… Ek sal graag met haar wil vriende maak.

    Liked by 1 person

  2. Hierdie was ‘n treat hoor, onder die water was nog altyd die plek waar ek kon rustig raak en daai geel kontrepsie het gemaak dat my lastige ore vir eens nie ‘n probleem was nie. Fiji se waters is pragtig en die vislewe baie kleurvol. Dankie Appeltjie

    Like

    1. Appeltjie wil terugkeer Fiji toe. Hierdie keer vir ‘n langer ontdekking onder die see en bo die see. Sy voel eintlik skuldig dat die towerinne tyd uit gevat het om te ontdek, plaas daarvan om vir VirgoC te gaan red.

      Liked by 1 person

  3. Jou skakel wat jy aangehak het, het my elke keer terug gevat na my eie blog toe on the “write”. Ek het die skakel oorgedoen, maar kon nie die prentjie bysit nie, so jy sal sien die prentjie is anders. Hoop dis ok so?

    Like

Leave a comment

Design a site like this with WordPress.com
Get started