Rustig – my Rebus huisie

img

Ek hardloop die kombuis in waar my geliefde besig is om te werk aan sy pynappelbier. Dis al die tweede emmer en die eerste een was heerlik. Hierdie een moet dopgehou word, want hy het die resep effens verander. Lief, ek moet dringend Rebusfontein toe. Ons towerinne is besig met ‘n opknapping en uitbreidings en ek moet gaan kyk na ons huisie iets nodig het. Die geliefde knik, weet dit sal oomblikke uit sy dag neem, ure of dae in hare as sy in Rebusfontein is. Sal sy omgee as hy hierdie keer bly? Die eksperiment is belangrik.

Ek maak my oë toe en verplaas my na ons towerdorpie toe. Na Rebusfontein. Beland in die tuin van my droomhuisie. En voel hoe die vrede en rustigheid oor my spoel. Seegoggatjie het al gearriveer en geverf en gevroetel. Sy en Toortsie ontspan al op die stoep. Ek waai vrolik aan almal en draf in my huisie in. ‘n Ekstra present-kleinkind het gearriveer en daar moet ‘n gaatjie gemaak word vir hom. Bedaar, fluister my huisie. Daar is genoeg tyd vir alles. Wees rustig. Laat gaan al daardie geraas in jou kop. Covid-stres noem die dokter dit.

Ek gaan sit plat op die vloer van my huisie. Rebusfontein is die C-woord vry. Dit bestaan nie hier nie. Hier gaan ek weer in kontak kom met die feetjies van my kleintyd. Ek en my lief-sussie het met die feetjies gespeel op die gras van ons grootword plaas. Hulle het onder ‘n bossie gewoon, waar net ons hulle kon sien. Ons het saam met hulle gevlieg, sorgloos en kommervry. Ek het nou die feetjies nodig om van die werklikheid van die lewe te ontsnap. Sien vandag se kinders nog feetjies, wonder ek meteens. Sal al die verskillende mammas omgee as ek al die verskillende kleindogters aan feetjies voorstel? Het die mammas self met feetjies gespeel? Of het tegnologie ons feetjies laat uitsterf?

Fairy, Fantasy, Art, Scene, Design, Flower, Butterfly

Ek gryp my feetjie, nee nee nee, nie gryp nie, raap haar op versigtig soos ‘n seepborrel, en sy vlieg tot op my skouer, hou vas aan my oorbel. Rustig stap ek deur na my tuin, kyk na die mooi gesonde vetplantjies. Heelwat van hulle blom al, die weer van Rebusfontein is perfek vir hulle. Ek vroetel in die grond rondom hulle, soek na ‘n onkruid of ‘n slak, maar geen is in sig nie. Nogtans is die raak aan grond net te lekker. Maar ek benodig nog net ‘n waterval agter my huis. Water maak my rustig en niks is so lewend soos ‘n waterval nie. Ek maak my oë toe, sien die prentjie en Rebusfontein luister. Die heerlike klank van water oor klippe vul my ore en daar is dit, my waterval agter my huisie. O, saligheid op note. Ek glip gou in my swembroekrokkie, glip in die water in en dryf en dryf en dryf. Ons bly in ‘n magiese dorpie, as daar plek gemaak moet word vir nog ‘n towering, sal ek, my huis en waterval net effens uitskuif om almal te akkommodeer. Net soos Rebusfontein en sy towerinne vir my geakkommodeer het.

Waterfall, Rocks, Trees, Forest, Woods, Nature

Ek draai om en kyk na my huisie – rustigheid vloei deur my gemoed. En net daar weet ek, my huisie se nuwe naam is “Rustig”. So sweef ek en my feetjie oor na See-goggatjie se huis. Sy en Toortsie wag.

Hierdie is deel van ‘n storie wat ons towerinne skryf oor ons huisies op Rebusfontein. Besoek ons gerus. https://fresh.inlinkz.com/party/0fcde7554a3f4178a5c546ce922ad94e

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

5 thoughts on “Rustig – my Rebus huisie

  1. Appeltjie, ek het met feetjies en kaboutertjies grootgeword, so ek verstaan jou. My moeks het gesorg dat ons ń lewrndige verbeeldings wêreld ontwikkel.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: