Design a site like this with WordPress.com
Get started

COVID en die nagevolge

In my vorige blog het ek geskryf van trane. Trane oor alles en as gevolg van niks. Ek sit rustig op my stoep in die son, hekel mussies vir liefdadigheid. En my trane rol.

Dalk is dit nou nodig om noem dat ek ‘n Covid survivor is. Yip, die virus het my beetgehad, behoorlik. Vir 7 dae het ek gestry teen die simptome: koors, erge kopseer, effens aangetaste visie, smaak- en reuk verloor, lyfpyn, hoes, naar, opgooi. Bitter min van wat in my mond ingegaan het, het binne gebly. Dankie tog vir papaja, avokadopeer en piesang. Klein happies hiervan het my gedra. Bietjies Coke was die vloeistof. Slaap die dae om. My dokter het elke dag gebel om my te monitor. Die herstel het net so lank geneem. Moegheid en hartkloppings het my teruggejaag dokter toe. EKG later is ek darem verseker dat my hart nie aangetas is nie, maar dat my spiere nog nie hulself is nie. Die longe haal nog nie diep genoeg asem nie, die hart moet harder werk om suurstof oral te kry en die spiere sukkel. Rus, is die dokter se raad. Luister na jou lyf en drink die voorgeskrewe vitamine B, magnesium en zink. Vir 3 maande. Die medici is nog nie heeltemal seker van wat en hoe lank die nagevolge met mense is nie.

Terug na die trane: ‘n Besoek aan die dokter is nou aan die orde van die dag. Rustig en vol kennis, ‘n leeftyd se ervaring agter die rug, sagte stem, sit hy agter sy lessenaar. Ons kyk eers na die kleinkindbabatjie se foto. Hy het haar ook al gesien. Vra uit na haar en haar mamma. Na die geliefde. En toe kom die vraag, wat kan ek vir jou doen. My woorde loop oor, my oë wil-wil swem. Ek wonder of hy bybly met alles wat ek sê.

Toe ek leeg is, noem hy die C woord. Daai woord wat niemand meer wil hoor nie. Covid. Weet jy hoe siek was jy? vra hy. Yip, ek was daar. Hy gaan verder. Inligting oor covid kom nou eers na vore. Mense met covid is bang dat hulle kan sterf. Baie mense wat gesond word, voel skuldig omdat hulle leef. Mense leef onder stres omdat alles rondom hulle verander het, in ‘n “new normal” verander het. Die aanpassing by die “new normal” is net so erg. Jarelange leefgewoontes moet nou binne maande verander. Onderwysers (en ander frontlinie werkers) werk daagliks met ‘n swaard wat oor hulle hang, met konstant veranderende reëls en regulasies. Geld raak op, werk en huise word verloor. Gelukkig verdien ek nog my salaris. Maar die res van my lewe maak ook inbreuk – die stres van ‘n huis wat verkoop is en alles wat tot dusver daarmee gepaard gegaan het; ons nuwe huis wat nog nie gerealiseer het nie; my dogter wat siek was en hoe ek haar en haar baba moes dra. Die mens se onderbewussyn, gaan die dokter voort, kan ook net soveel vat en dan sê hy stop. Ek is nou op daardie punt. My brein het gesê stop.

So wat nou? Hy vra my uit: is jou eetlus weg? is jou slaap onderbroke? staan jy moeg op? sukkel jy om aan die slaap te raak? Nee, nee, nee en nee. Net die onverwagse gehuilery. Goeie nuus is dat ek nie aan depressie ly nie, maar hou die tekens dop. Gaan aan met die vitamine, gaan stap daagliks en kry genoeg son. En weer eens, luister na jou liggaam. As die swart wolk wel oor jou sak, kry medikasie vir ‘n tydperk om die serotoninvlakke te stabiliseer en daarna gaan jy aan met jou lewe. (En net omdat jy in menopouse is, kom ons trek bloed om seker te maak die skildklier is in orde.)

Nou verstaan ek waar my trane vandaan kom. Huil maar, sê my dokter. Dis goed vir jou.

This too shall pass.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

6 thoughts on “COVID en die nagevolge

  1. En so dokter hy my ook sommer. Dankie vir die skrywe, Appeltjie, dis so goed as ons hierdie dinge deel, want daar sal altyd iemand wees wat krag daaruit put. Ek het vir lank gedink ek moet net positief blog, mense opbou en opbeur. Interessant genoeg kry ek altyd meer kommentare as ek skryf wat werklik in my binnekant gebeur. Ek sal saam met jou huil totdat ons beter raak.🌹

    Like

    1. Ons het positief ook nodig. Moenie ophou nie. Maar tans is ons in buitengewone tye. Eks seker daar is nog baie mense wat so gaan voel, en dan is daar raad. Hopelik vind iemand dit ondersteunend en opbouend. Om net negatief uit te vaar oor bv politiek of afbrekende persoonlike opinies te lug, is nie opbouend nie.

      Like

  2. Oulike dokter om te besef dis eintlik die nagevolge van skok. Onthou maarvook die ontspanningsoefeninge. Begin by voete. Trek spiere saam en ontspan. 2x. Dan kuite. Bobene maag ens. Dan hand, voorarm boarms
    Laaste skouers. Nek gesig. Dan hele lyf. Moenie verbaas wees as jt begin gaap nie. .

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: