VROUEDAG

Vandag is Vrouedag.

Daar is ‘n groot verskil tussen mans en vroue, soos God hulle geskep het. Elkeen het sy uniek eienskappe wat hulle na mekaar toe aantrek. Eva is gemaak as ‘n maat vir Adam, om langs hom te staan sodat hulle mekaar kan ondersteun, om in liefde en vriendskap hand aan hand met hom te stap, om saam met hom kinders in die lewe te bring, om sagtheid in sy dag te bring na ‘n dag se harde werk in die grond. Tog het die satan selfs hierdie perfekte plan omvergewerp. Hy misbruik vroue om ander te verlei, hy maak van vroue slawe en minderwaardige wesens, neem by sommige die voorreg van kindhê weg. Lê klem op velkleur, al was dit nooit God se bedoeling nie. Hy haal hulle selfs uit die geslagregister van Jesus uit. Verskuif net die bakens so ‘n bietjie elke keer, na die verkeerde kant toe.

Vandag is Vrouedag. Alhoewel dit eintlik geskoei is op ‘n geskiedkundige gebeurtenis, het dit al soveel meer begin beteken. Baie van ons het inderdaad grootgeword in ‘n paternalistiese bestel. Pappa het gepraat, almal spring. En dit was waaraan ons gewoond was. En dis hartseer om te lees dat in groot dele van die wêreld vroue vandag nog mishandel en onderdruk word, dikwels onder die dekmantel van beskerming en selfs van geloof.

Maar tog het ons uitkyk stadigaan begin verander. Vroue het ‘n stem, ‘n reg op eie gevoel en opinie. Vroue is sterk, kan maatskappye bestuur, kan ruimte toe gaan. Vroueregte word nou voorop gestel, deur die wet vasgevat, dis asof die klem soontoe verskuif het, ‘n balans verskuiwing plaasgevind het na die ander kant toe. Hulle kan selfs trou, kinders grootmaak, suksesvol ‘n vrou wees vir haar man. Vroue kan enkelhuishoudings bestuur en selfs die hoofbroodwinner wees.

Vandag is Vrouedag. Iewers in hierdie beskrywings moes ek myself weer gaan vind. Die wêreld lê so baie klem op die bestuursvaardighede en opheffing van die vrou, dat dit begin voel asof primêr mamma en vrou (mevrou) wees, ondergeskikte eienskappe geword het. Ja, tye het verander en vroue moet werk om te help om die pot aan die kook te hou. Maar wat van die vrou wat nie ‘n maatskappybestuurder wil wees nie, wat nie die president van raad wil voorsien nie? Wat van die vrou wat langs die sportbaanwil staan Woensdagmiddag, wat nog wil vroetel in haar huis en tuin, wat meer as die 2,5 kinders self wil grootmaak? Wat mid-oggend ‘n koppie tee wil drink saam met ‘n vriendin? Haar blog wil skryf?

Vandag is Vrouedag. Ek is trots daarop om die lyf van ‘n vrou te hê, sag waar dit sag moet wees, gerond waar dit gerond moet wees. Ek moes die sterk in myself ontdek jare gelede toe ek met ‘n pap babatjie alleen gelaat is. Ek moes leer daar is ‘n verskil tussen ‘n ster- en ‘n plat skroewedraaier. Ek onthou hoe trots-verlig ek was toe ek die eerste keer ‘n 3-punt kragprop korrek bedraad het. Alles uit nood gebore. Ek het geleer dat mense belangstel in my opinie. My dormante sterk persoonlikheid moes oorneem ter wille van oorlewing. Inisiatiewe wat ek nooit geweet het ek het nie, het begin blom.

Vandag is Vrouedag. Dis ‘n sterkte om te weet dat mans mans bly. Dis ‘n sterk vrou wat weet hoe om haar man saam met haar te trek. Dis ‘n sterk vrou wat haar man se goeie punte kan waardeer en hom soos ‘n koning laat voel. Dis ook ‘n sterk man wat sy vrou kan waardeer, haar insien vir die goeie maat wat sy is, haar ophef met woorde en liefkosings, haar soos sy koningin laat voel.

Vandag is Vrouedag. Ek weet wat ek is. Mamma, Geliefde, Vry, Trots Vrou.

vry in die natuur op Yzerfontein
mamma
geliefd

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

9 thoughts on “VROUEDAG

  1. Ek en my meesgeliefde trek langs mekaar, nie een is voor die ander nie. Tog respekteer sy my Godgegewe amp en ek hare. Maar niemand trek rang op niemand nie.

    Vroue moet net onthou dat hulle net ware mans sal hê as hulle mans toelaat om man te wees. Ongelukkig het women’s lib reeds reuse skade aangerig, dis die Satan se NGO daai.

    Liked by 1 person

  2. Pragtig verwoord en jyself is pragtig hoor
    Snaaks dink ek nou aan my matriek-juffrou wat eendag gesê het (vir die seuns), “Kies jou meisie reg, sy mag dalk net jou vrou word en ‘n vrou kan ‘n man afbring op sy kniee, maar ook tot op die hoogste top laat styg”

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website at WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: