Kleintyd speeltyd

My blog-vriendin Christa (@dr christa van staden) skryf van kinders in Kazahkstan wat hop-scotch speel.

Net daar begin die vriendinne saampraat oor Afrikaanse name vir die speletjie en my gedagtes trek terug na speeltyd op die speelterrein. Toe en nou. Behalwe die normale raakrugby en krieket, kon ek vinnig op die volgende kom.

Playing kids Free Vector

TOUSPRING. O watter vreugde was en is touspring nie. Toe ek op skool was, het ons net die tou in die rondte geswaai. Dan kon ons kyk wie die langste kan spring, wie die beste kan uitgaan terwyl iemand anders inkom of selfs hoeveel kan saamspring op een slag. Toe beland ek by Hoërskool Grabouw en die vindingrykheid van die kinders het my mond laat oophang. Swaai in die rondte, dan 1X bokant die kop, dan weer in die rondte. Die kinders kom in, spring een-vir-een, dan vinnig saam met iemand anders, draai om, gaan anderkant uit. Daar is selfs liedjies waarop gespring word. Merkwaardig.

STOKKIE SKIET: My boetie het ‘n jaar voor my skool toe gegaan, na die klein plaasskooltjie op Nacht Wacht, die buurplaas. Net ‘n handjievol kinders met 1 juffrou. So ‘n tipiese plaasskool waarvan mens vandag net lees maar wat nie meer bestaan nie. Ewenwel, my ma besluit toe ek moet die laaste kwartaal met hom saamgaan as voorbereiding vir Sub A die volgende jaar. Pousetyd was speeltyd, stokkie skiet tyd. Ek is nie heeltemal meer seker oor die presiese spelreël nie. Maar wat ek onthou is daar is ‘n gaatjie in die grond met ‘n stokkie bo-oor die gaatjie. Dan moet die een wie se beurt dit is die stokkie in die lug op skiet en almal hardloop weg. Die een wat dan nie vinnig genoeg kan wegkom nie, wat die naaste is, moet dan weer die stokkie skiet. Nostalgiese herinneringe aan ‘n tyd wat verby is. Aan die einde van daardie jaar 1968, is die skooltjie gesluit en moes almal dorpskool toe gaan.

Independent Toy Stores Are Thriving: Here's How | WVXU

ALBASTER: so baie kinders, so baie reëls. skiet die albaster in die gaatjie is die , maar wat daarna gebeur word aangepas by die omstandighede en die kind wat dit speel. Ons het ghoene ook gehad. Sulke grotes wat duur was en baie albasters op 1 slag kon raakskiet. Albasterspeel het soveel ongeluk veroorsaak (want die goed kos geld) dat ek kinders verbied het om na pouse die gewonne albasters te hou, dit moes teruggegee word. Maar dat dit ‘n vaardigheid is om daai klein ronde missiel te lanseer van jou duim af met jou duimpunt, is verseker.

Clapping Game Images | Free Vectors, Stock Photos & PSD

HANDEKLAP Kan my kinders in my huidige skool die ingewikkeldste handeklap roetines. My mond hang oop. Die bo en onder, langs die kant, ritmies op dreunsang met woorde wat nuut geskep is. En almal ken dit. Waar leer julle dit? vra ek. Almal ken dit, hulle leer dit nie iewers nie, kom die antwoord. Ek het al probeer om by te bly, maar my waardigheid kry keer op keer ‘n knou. Ongelukkig het ek nie toestemming van die ouers om die video’s van my kinders op te laai nie.

SING-SPRING-ANTWOORD: Dis nou eers ‘n ingewikkelde situasie. Die kinders staan in ‘n kring en begin met ‘n rympie wat almal saamsing/opsê. Almal se voete spring of roer saam in ‘n dansroetine. Dit vereis ‘n vraag, ‘n keuse van iemand in die kring wat moet antwoord op die ritmiese maat, op die gegewe oomblik of anders uit is. Tot groot vermaak van die ander. Dit kan die hele pousetyd aanhou. Daar is geen einde aan nie. Weer eens die mooiste video op my foon, maar reëls is reëls.

REKSPRING. Dit het ons ook gedoen op skool. Wydsbeen, in die middel, bo-oor, op die rek, draai en laat gaan die rek, enkel of saam met iemand. Eers begin die rek by die enkels en dan skuif dit stadig op teen die lyf tot so hoog as wat die uithouers dit kan haal. Soms is dit so hoog dat die meisies hul skoolrok in die broekie moes insteek om kuis te bly. Vet pret. Hiervan is daar nie eers ‘n foto beskikbaar op die net nie.

En wie kan die volgende onthou: wolf wolf hoe laat is dit, kat en muis, vrot pampoen, bok in die hok, rounders.

Ek kom af tydens my soektog op die internet op ‘n “Sarie” artikel oor inheemse speletjies. https://www.kinders.sariemarais.com/speel.html Boompie verplant, Kennetjie en selfs ‘n paar waarvan ek nog nooit gehoor het nie. En dis maar net uit my kultuur agtergrond. Daar word nie eers geraak aan die leer sodat jy eendag as grootmens die vaardigheid het nie.

Wie kan nog sêgoed met “speel” in byvoeg? ‘n Kind wat speel is nie stout nie. Speel ontwikkel die brein en sosiale gedrag. Speel vorm vriendskappe. Speel is goed vir liggaamlike ontwikkeling. Speel leer mens wen en verloor op die regte manier.

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

9 thoughts on “Kleintyd speeltyd

  1. Rekspring, dit was my nommer een keuse. Dan hop-scotch, touspring, albaster en handeklap. Moet net nie die you-you seisoen vergeet nie, fanta of coca-cola. Ag Appeltjie, jy het my dag gamaak met jou mymeringe.

    Like

    1. Ek kon nooit die yo-yo baasraak nie, slegs die gewone op en af, maar “walk the dog” en “swing the ball” en daai toertjies – ek het maar bewonder hoe ander dit doen.

      Like

  2. Jy speel seker!(maak ‘n grap)
    Speel saam.(werk saam)
    Ek doen dit sommer speel-speel.(maklik)
    Moenie speletjies speel nie!(wees ernstig)
    Hy speel vir die ander span.(skeef)
    Speel jou hand(wees openlik)
    Speel op jou tuisveld(gemaklik)

    Liked by 1 person

  3. Dankie, Appeltjie, jy het nou vir my ook goed gehelp met ‘n paar speletjies waarvan ek vergeet het, maar kan noem in my kinderjareboek.
    Oor speel: Leana, ons klasmaat, het my geleer: All work and no play makes Jack a dull boy. Ek het daaraan geglo en as my kinders moeg geleer was, sou ek hulle eerder aanmoedig om te gaan speel.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website at WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: