Aand 1 op Rebusfontein

img

Ek tower myself, die geliefde en die FJ4X4 tot op Rebusfontein. (Waarom die 4X4 ook? Die geliefde hou van ry en die VVVTT se sagte vloer werk nie goed saam met Neef se maag nie.) Ons gaan vandag ons huisie reg inrig. Ja, ons verbeelding werk oortyd, maar die geliefde hou daarvan om sy hande te gebruik, so werk gaan ons vandag werk. Ek spring in die woonkamer in, wens die heerlike sagte banke tot op hul plekke. Sak sommer weg in 1 net om seker te maak dis regtig soos die advertensie belowe het. Ons is lief vir musiek, so die musieksentrum met surround sound en tweeters (and all that bass) is ‘n moet. Gelukkig sal ons towerdorpie al my musiekklanke in ons huisie hou. Op ‘n rakkie teen die muur is daar plek vir onthougoedjies van die kleinkinders. Ja, hulle gaan leer van Rebusfontein en die wonder van verbeelding. Elke klippie en takkie wat vir Ouma en Oupa gebring word, sal daar uitgestal word.

Neef sak in die kombuisgedeelte in. Gasstoof, vrieskas vir al die vleis wat moet saamkom, skerp messe veilig in die blok. Panne en potte klaar gehang aan hakke teen die dak vasgemaak. Vrugte word gestapel in die bloubont bak. Ek het mooi gesmeek vir die yskassie vir my melk (ononderhandelbaar) en groente. Ons gaan mos vleis braai, is daar dan iets anders ook nodig? Mans!

Buite wag die groot werk. Die vetplantjies uit my tuin, liefdevol en sorgsaam gekweek elkeen in sy eie bakkie, word gerangskik om die mooiste vertoning te kan maak. In die wonderlike, altyd heerlik warm weer van Rebus, gaan hulle floreer.

Succulent of the Month Club - Send Gift Succulents

Neef beloer die braai-area. Puntenerig het hy sy eie gebou – gesny, gesweis, geverf, getoets. Net die regte grootte vir 2 roosters – vol vleis. Dit hang perfek aan die paaltjies rondom die dek. Ek hoop die platpot vir die brood is ingepak. Om die hoek is die hardehout stompies netjies gestapel. Genoeg vir ‘n jaar. Vanaand gaan die vlamme weer sorg vir ‘n gesellige atmosfeer.

Netnou gaan ons oorglip na Una, haar heerlike soutvleis tertjies proe. Sodra Christa kom, haar saambringgoed uit Kazakstan bewonder. Toortsie sal hier inwaai en opgewondenheid aflaai uit haar onuitputbare bron lewensvreugde. Wie weet, dalk vind ons die ander in die dammetjie op lilo’s of nie, ontmoet ons die ander tydens ‘n vroegaand wandeling.

Drome word hiervan gemaak.

Hierdie hoofstuk vorm deel van die Towerinne se avonture. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar en  onverklaarbaar. 
As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die hoofstukke te lees. Na myne sal daar gereeld nuwe hoofstukke bygevoeg word. Totdat ‘n ander fantasie ons aandag vereis. Dan begin ‘n nuwe vervolgverhaal, ek bedoel avontuur.Lees die ander bloggers se bydraes by ons InLinkz-skakel https://fresh.inlinkz.com/share/party/942da9e9f0524c6b982439c66cceced1

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

21 thoughts on “Aand 1 op Rebusfontein

  1. Ek wag vir julle, die soutvleis tertjies staan reg. Ek is baie beindruk met myself, Appeltjie, hier op Rebus het ek vlytige vingers en is ek ń bobaas bakster. Let wel, hier op Rebus, nè… Jou vetplantjies is lieflik, jy gaan my nou eers sit en vertel hoe om te maak.

    Like

    1. verplantjies is die wonderlikste goed. Sit ‘n blaartjie neer en hy maak ‘n wortel ondertoe en ‘n plantjie boontoe. Sommige vetties maak babas aan die stamme wat net afpluk en sommige vetties speen af en daardie afspeensel maak ook wortels.

      Like

  2. Oeeee lekker. Kan ons kom saambraai? Wat braai julle? Ons sal saambring. En sommer ‘n lekker broccolislaai en al die nodige vir die mansmense en dinge, jy weet. Jy skryf sommer lekker.

    Like

  3. Ek sal eendag regtig in so huisie wil bly…dis baie mooi. Sjoe, ek sal graag wil saambraai maar paptert is uit by my. Ek kan NIE paptert maak nie…..

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website at WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: