Huisie op Rebusfontein

So wens ek vanoggend dat ek saam met julle almal kon ontvlug Rebusfontein toe. Ons ry om by die kleinkinders te gaan kuier. Die eerste ontmoeting met ‘n nuwe aankomeling lê voor. My hart is seer oor die vuil langs die pad, die afgebreekte betonmuurtjies, die geskeurde veiligheidsnette op die deurpad, die afgedrukte skerppuntige keerdraad waar mense onwettig oorklim . Neef gryp net my hand in stille vertroosting.

En net daar glip ek weg na Rebusfontein, veilig geanker aan Neef se hand. Mag ek dan saamgaan, wonder Neef. Sonder jou gaan ek nêrens, verseker ek hom. Die FJ 4X4 staan net vinnig geparkeer op plot 16 voor ons gaan inloer by Seegoggatjie.

Toyota FJ Cruiser FJ Cruiser for sale in Freestate | Auto Mart

Ons groet vir Toortsie, ontmoet vir Frannie en Una. Woordnoot en Christa is nog elders. Ek kan net ‘n skeppievol van alles op die ontbyttafel op my bord kon sit, want anders kan ek nie alles proe nie. Neef skep op en smul. Selfs sy ommelet tuis smaak nie so lekker nie.

Die maag vir eers gestil, Neef aan almal voorgestel, gaan slaan ons tent op. Neef is vaardig, ek aanskou, hang soos ‘n vink aan ‘n tou soos verlang en gee ongevraagde raad. Vanaand kan ons lekker slaap.

Rooftop tent plus extras

Die water roep en my betroubare swart ou binnebandjie vra om opgeblaas te word. Ek sak in die louwarm water in en voel hoe die stres wegdryf. Hier gaan my siel rus, my sorge wegdryf. Dis so jammer dat hartseer ons magiese dorpie aangeraak het, maar dit gaan ons Rebusfontein na dese meer laat waardeer.

Soos ek dryf, sien ek die uitsig, vorm die prent van hoe my huisie moet lyk, waar ek my vetplante gaan sit. Groot oop ruimte, dek met sondak, groot vensters vir natuurlike lig. Waar is die braaiplek, kla Neef.

img

Met tyd sal ek my goedjies uitpak, iets teen die muur hang, ‘n foto uitstal. Dit ons s’n maak. Maar vir eers is dit net genoeg om hier te wees. In Towerinstraat 16 (wat 19 kan word), langs Christa, tussen nuwe vriende.

Hierdie hoofstuk vorm deel van die Towerinne se avonture. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar en  onverklaarbaar. 
As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die hoofstukke te lees. Na myne sal daar gereeld nuwe hoofstukke bygevoeg word. Totdat ‘n ander fantasie ons aandag vereis. Dan begin ‘n nuwe vervolgverhaal, ek bedoel avontuur.Lees die ander bloggers se bydraes by ons InLinkz-skakel https://fresh.inlinkz.com/share/party/942da9e9f0524c6b982439c66cceced1

prente vanaf Google

Published by appeltjie

Ek is 'n mamma, 'n juffrou, 'n geliefde. Om woorde te gebruik om kreatief te wees, is 'n nuutjie. Maar wat 'n fees.

12 thoughts on “Huisie op Rebusfontein

  1. Jong Appeltjie, ek vermoed VirgoC gaan jou huisplan met haar oë kom steel. Ek is baie bly julle het besluit om ook op Rebus in te trek, en Neef is ñ aangename mens. Maar wag, laat ek gaan, my tuintjie roep my.

    Liked by 1 person

    1. Ek gee nie om nie. Myne is self elders raakgesien, met n byvoegsel hier en daar deur Neef. VirgoC, sal ons planne bespreek oor n uitruilsel verplantjies? Una, ek gaan mettertyd fotos plaas van my vetplante, sal jy wil uitruil?

      Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website at WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: